Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб Kaleidoskoop - Wegbreek в хорошем качестве

Kaleidoskoop - Wegbreek 7 лет назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



Kaleidoskoop - Wegbreek

Gepubliseer: 17 Feb 2017 Vervaardiger en Videograaf: Paul Hugo Bravo & Thatcher Ander Videograwe - Jean de Villiers - Daville, Jean & Dean Brummer - Consuming Fire Films, Etienne Schoeman - Schoeman Film Spesiale dank: Die Du Plessis gesin - The Fig Tree House - Nelspruit, Re:treat huisie - Moolmanshoek, die Badenhorst gesin - Siloë - Harrismith, tannie Rika - Eersterivier, die Streichers - Swellendam en die van Vuurens by LittleBig studio - Pretoria. ___________ Wegbreek Agter slot en grendel vasgevang Deur die tralies van die stad bly ek na jou verlang Daar is 'n kronkelpad waarna my hart so smag Hierdie stofpad kronkel deur die platteland se prag Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land Wees my medereisgenoot, kom vat my hand Sodra die son se strale deur die wolke breek Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek Soos die berge oprol om die see vir my te bring Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring Geroeste doringdraad deel ervare raad Jy span jou liefde en jou hart bly vry van haat Windpomp se kreun wat sy wysheid kom verleen Draai van vreugde in die droogte en die reën Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land Wees my medereisgenoot, kom vat my hand Sodra my kaal voete teen die seesand slaan Met net die wind wat deur my hare dans Laatmiddag son wat warm aan my vel kom kleef Voel ek weer ek leef Voel ek die vrede my hart weer binnedring WEGBREEK is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf. Die video is deur die loop van 2016 verfilm. Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het. “Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind. Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons WEGBREEK om te gaan skryf, asook wat ons inspireer (die natuur). Die einde van die video wys dat die ‘sending’ waarop ons was eers voltooi is wanneer iemand die CD koop, die musiek geniet en inspirasie daaruit put" Facebook:   / kaleidoskoopband   Twitter: @kaleidoskoop2 Instagram: @kaleidoskoopband Webblad: www.kaleidomusiek.co.za Publisiteit & Bemarking Starburst Promosies Alishia van Deventer Sel: 083 635 4717 E-pos: [email protected] Webblad: www.starburstmusic.co.za

Comments