Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб Kaleidoskoop - Die Goeie в хорошем качестве

Kaleidoskoop - Die Goeie 7 лет назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



Kaleidoskoop - Die Goeie

Die boodskap agter die lirieke van die lied is vergifnis, versoening, en transformasie van jou hart deur jou gedagtes te vernuwe. Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te hou en die mooi raak te sien in alles en almal om ons. "Ons hoop om mense wat die video kyk aan te moedig om die mooi wat steeds volop in ons land te vinde is, raak te sien.... Vir mekaar te bid en mekaar te vergewe, nie weg te hardloop van ons seer of vrese nie, maar dit te oorwin deur ons oë op die goeie te hou!" Die Goeie video: Band: Kaleidoskoop, Jason Moser, Raldo Mattheüs, Dean Henning Vervaardiger: Paul Hugo - UBUNTU Filmhouse Location: Val, Mpumulanga Akteurs: Orgo Rautenbach, Derick Terblanche Ekstras: Inwoners van Val Kaleidoskoop het oor 4 dae, in koue Julie-maand, die video vir hul nuwe enkelsnit - Die Goeie - geskiet in die klein "dorpie" met die naam Val. Die konsep vir die video is deur Jouba, Anique en Paul Hugo - wat ook die video vervaardig het, verfyn. Die goeie se video handel oor 'n gebroke en afgematte swerweling wat wakker word in 'n oop veld en vandaar doelloos rondswerf. Op sy reis kom hy verskeie mooi situasies en mense tee en sodoende word sy hart weer sag en hy besluit om terug te keer na dit waarvanaf hy weggehardloop het. Kaleidoskoop se musiek (digitaal en fisiese album) is op hul webtuiste beskikbaar: www.kaleidomusiek.co.za

Comments