Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб 𝐇𝐢𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬𝐞 𝐋𝐚𝐚𝐬-𝐨𝐬𝐬𝐞𝐰𝐚 𝐢𝐧 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫𝐦𝐨𝐧𝐮𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐨𝐧𝐭𝐡𝐮𝐥 в хорошем качестве

𝐇𝐢𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬𝐞 𝐋𝐚𝐚𝐬-𝐨𝐬𝐬𝐞𝐰𝐚 𝐢𝐧 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫𝐦𝐨𝐧𝐮𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐨𝐧𝐭𝐡𝐮𝐥 3 года назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



𝐇𝐢𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬𝐞 𝐋𝐚𝐚𝐬-𝐨𝐬𝐬𝐞𝐰𝐚 𝐢𝐧 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫𝐦𝐨𝐧𝐮𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐨𝐧𝐭𝐡𝐮𝐥

Een van twee ossewaens uit die Groot Trek wat behoue gebly het, is op die 7 Mei 2021 in die Voortrekkermonument onthul. Dit dateer uit ongeveer 1826. Die vervaardiger was moontlik die bekende wamaker van Graaff-Reinet en latere Voortrekkerleier Gert Maritz (1797-1838). Johannes Andries Marthinus Laas (1812-1884) en sy vrou Sara Johanna (née Odendaal, gebore 1811) het teen die einde Oktober 1837 as lede van Karel Landman se geselskap by die Groot Trek aangesluit. Hierdie wa was destyds hul vervoermiddel. Volgens familie-oorlewering was die wa tydens die Slag van Bloedrivier een van die Voortrekkerwaens in die Wenkommando-laer. 𝐃𝐫. 𝐃𝐚𝐧𝐢𝐞 𝐋𝐚𝐧𝐠𝐧𝐞𝐫, 𝐛𝐞𝐬𝐭𝐮𝐫𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐝𝐢𝐫𝐞𝐤𝐭𝐞𝐮𝐫 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫𝐦𝐨𝐧𝐮𝐦𝐞𝐧𝐭, sê ’n nuwe model is besig om te ontwikkel waar Afrikanererfenis en kultuurskatte bewaar word deur ’n vennootskap tussen instellings soos die Voortrekkermonument, Erfenisstigting en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), families en die gemeenskap. Die FAK het in samewerking met die Uys- en Laas-familie die proses gefasiliteer om vir een van die kosbaarste ossewaens in die land ’n veilige tuiskomplek in die Voortrekkermonument te verseker. 𝐁𝐚𝐫𝐞𝐧𝐝 𝐔𝐲𝐬, 𝐬𝐞𝐤𝐫𝐞𝐭𝐚𝐫𝐢𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐋𝐚𝐚𝐬-𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫𝐟𝐚𝐦𝐢𝐥𝐢𝐞𝐛𝐨𝐧𝐝, sê dis wonderlik dat hulle as familiebond sy oom Francois se droom kon verwesenlik, sy nalatenskap kon vereer en dat ander Afrikaners nou meer oor dié ossewa en dié familie sal kan leer. 𝐏𝐫𝐨𝐟. 𝐄𝐫𝐢𝐤 𝐇𝐨𝐥𝐦, bekende entomoloog en ekoloog, wat al sedert 1983 ossewaens restoureer, het die Laas-wa gerestoureer. Holm bevestig dié kakebeenwa is byna 200 jaar oud. Dis die oudste ossewa in Transvaal en die tweede oudste in die land. “Dit is een van die grootste voorregte (om die Laas-wa te restoureer) wat my te beurt geval het.”

Comments