Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб Hoekom is ek hier? My Christelike roeping - 25 September 2022 (VIBE) в хорошем качестве

Hoekom is ek hier? My Christelike roeping - 25 September 2022 (VIBE) 1 год назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



Hoekom is ek hier? My Christelike roeping - 25 September 2022 (VIBE)

Jou gehoorsaamheid van gee maak dit moontlik vir ons om hierdie lewensverrykende boodskap by soveel mense uit te kry. Ons het verskeie elektroniese maniere waardeur jy kan gee! Volg hierdie skakel vir meer besonderhede - https://lewensentrum.org.za/in-kerk/b... ONS ALMAL IS GEROEP! Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. (1 Korintiërs 1:2a NLV) - Geroep om God se eie mense te wees - Geroep om spesifieke dinge hier op aarde vir God te verrig 1. KEN - Ken jy Jesus waarlik? Eendag het Jesus sy twaalf apostels bymekaargeroep en hulle mag en gesag oor bose geeste gegee asook om alle siektes te genees. 2 Toe het Hy hulle uitgestuur om almal te gaan vertel van die koningsheerskappy van God, en om siekes te genees. (Lukas 9:1-2 NLV) - Vertel van die Goeie Nuus (Gees) - Dryf demone uit (Siel) - Genees dié wat siek is (Liggaam) Hy het twaalf gekies om gereeld by Hom te wees … Hy wou hulle stuur om te gaan preek, en om met volmag bose geeste uit te dryf. (Markus 3:14-15 NLV) - Voor jy iets wil gaan doen, moet jy eers iets wees! - Jesus soek jou intimiteit! “As Christene kry ons nooit af van ons roeping nie, maar as ons nie konstant ingeplugg is by Christus nie, is daar ook geen krag in ons roeping nie.” 2. GROEI - Is jy as gelowige nog aan die groei? “Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” (Johannes 15:5 NLV) Sorg liewer dat julle steeds groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Petrus 3:18a NLV) 2 Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. (1 Petrus 2:2b NLV) Johannes het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om bose geeste uit te dryf. Ons wou hom keer omdat hy nie deel van ons groep is nie.” Maar Jesus het geantwoord: “Los hom. Enigiemand wat nie teen julle is nie, is vir julle.” (Lukas 9:49-50 NLV) Hy het boodskappers vooruit gestuur na ’n Samaritaanse dorpie om vir sy koms gereed te maak. Maar die mense van die dorpie wou niks met Jesus te doen hê nie omdat Hy van plan was om Jerusalem toe te gaan. Toe Jakobus en Johannes dit hoor, het hulle vir Jesus gesê: “Here, moet ons vuur uit die hemel laat kom om hulle te verbrand?” Maar Jesus het omgedraai en hulle tereggewys. (Lukas 9:52-55 NLV) Op ’n dag is kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon plaas en vir hulle kon bid. Sy dissipels het hulle egter daaroor aangespreek. (Matteus 19:13 NLV) “Dít is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. En nou is hulle hier in ons stad.” (Handelinge 17:6b NLV) 3. GLOEI - Ons almal is geroep om lig te wees in hierdie donker wêreld Daar was ’n man, gestuur deur God, met die naam Johannes. Hy het gekom met die doel om ’n getuienis te lewer, om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo. Hy was nie self die lig nie, maar het net kom getuig oor die lig. (Johannes 1:6-8 NLV) - Baie van julle is kinders van God, maar vra jouself: “Gloei jy nog vir Jesus?” Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was. (Handelinge 4:13 NLV)

Comments