Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб 'N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N NUWE DROOM - Andries Enslin, 28 April 2019 в хорошем качестве

'N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N NUWE DROOM - Andries Enslin, 28 April 2019 5 лет назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



'N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N NUWE DROOM - Andries Enslin, 28 April 2019

VERSTAAN DIE DROOM VAN DIE DISSIPELS Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee. In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat. ’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?” “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” Handelinge 1:2-8 (NLV) JESUS BEGIN HUL DROOM VERANDER 1. ʼn Fisiese, tydelike droom is nie JA of NEE nie. 2. Die Heilige Gees is die sleutel tot groter drome. 3. God se koninkryk is die hele wêreld. WAT IS JOU ISRAEL? ʼn Mens sonder ʼn droom is klaar dood. ʼn Mens sonder ʼn doel lewe nie meer nie. ‘N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N GROTER DROOM Moenie wag vir ʼn droom nie. Wag vir die Heilige Gees en die droom, opdrag en doel sal saam kom. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons liggame is besig om te sterf, maar God maak ons geestelike lewe elke dag nuut. Want wanneer ons swaarkry, dan is dit net vir 'n kort tydjie en dit is nie baie swaar nie. Later bring hierdie swaarkry vir ons iets wat beter is as al die ander dinge, iets wat baie belangrik is, dit is dat ons vir altyd saam met God kan wees. Daarom is die dinge wat 'n mens kan sien, nie baie belangrik vir ons nie. Die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is belangrik. Die dinge wat 'n mens kan sien, is net 'n kort tydjie daar, maar die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is vir altyd. 2 Korintiërs 4:16-18 (ABA)

Comments